Agtergrond

Graan SA het amptelik ‘n Nasionale Opbrengskompetisie vir grane gedurende September 2019 vir die 2020-seisoen bekendgestel. Die kompetisie behels konsultasie met alle saadmaatskappye vir die daarstelling van ‘n standaardprotokol, sodoende te verseker dat alle deelnemende saadmaatskappye en graanprodusente op dieselfde vlak en op dieselfde kriteria beoordeel word.

Die formaat van Graan SA se Nasionale Opbrengskompetisie is so geformuleer om sinergie tussen individuele saadmaatskappye se streekkompetisie met ‘n oorhoofse nasionale kompetisie te skep. Elke saadmaatskappy sal steeds hul eie opbrengskompetisie aanbied, vanwaar inskrywings kan deurdring na die nasionale kompetisie onder die Graan SA vaandel.

Opbrengs maak ‘n belangrike komponent van ‘n graanprodusent se winsgewendheid uit en deels saam met dit, so ook effektiwiteit en is dit dus vir produsente belangrik om te leer wat moontlik gedoen kan word, en onder watter omstandighede. Die belangrikheid van kompetisies soos dié, kan nie onderskat word nie aangesien dit produsente juis die geleentheid bied om meer te wete te kom en by mede-produsente te leer. Verder bied die kompetisie ‘n platform aan graanprodusente om nuwe tegnologie, produksiepraktyke en idees uit te toets met die oog om opbrengste te maksimaliseer.

Die kompetisie spog ook met nuut gevestigde kategorieë spesifiek vir Kleinskaalseboere asook koringproduksie. Koringbeoordeling- en produksie wat plaasvind in 2021 sal in ag geneem word, en dus aangekondig word as deel van die 2022-jaar.

Die afgelope paar seisoene was uitdagend vir produsente met klimaat omstandighede wat vir uitermatige finansiële verliese, gesorg het. Die uitdagende toestande het egter bewys dat Suid-Afrikaanse produsente wonderwerke verrig het in terme van opbrengste selfs binne die ongunstige omstandighede.

Historiese Kompetisierekords

KATEGORIE OPBRENGS
MIELIES BESPROEIING 23.47 t/ha
MIELIES WATERTAFEL 13.25 t/ha
MIELIES – NOORDWES 13.79 t/ha
MIELIES – OOSTELIKE HOËVELD 17.59 t/ha
MIELIES – OOS VRYSTAAT 14.09 t/ha
MIELIES – SENTRAAL 15.38 t/ha
MIELIES – KZN 16.94 t/ha
SOJA – BESPROEIING 6.66 t/ha
SOJA – NOORDWES 5.69 t/ha
SOJA – WATERTAFEL 6.13 t/ha
SOJA – OOSTELIKE HOËVELD 6.18 t/ha
SOJA – OOS VRYSTAAT 6.62 t/ha
SOJA – SENTRAAL 5.65 t/ha
SOJA – KZN 5.74 t/ha

SONNEBLOM

4.44 t/ha
SONNEBLOM OLIE OPBRENGS  4.16 t/ha
KLEINSKAALSEBOER 8.01 t/ha