Registreer

Produsente kan by hul onderskeie saadmaatskappye se Opbrengskompetisies inskryf, kontak jou saadbemarker vir meer inligting. Elke saadmaatskappy bied steeds hul eie opbrengskompetisie aan, vanwaar inskrywings kan deurdring na die nasionale Groei vir Goud-kompetisie. Indien ‘n streek/maatskappy nie deel vorm van ‘n bestaande kompetisie nie, kan die inskrywing direk na Graan SA gestuur word, deur die onderstaande vorm te voltooi. 

Betaling

Die inskrywingsgeld ten einde verbintenis te toon beloop R1,000 per inskrywing. Betaling moet per inskrywing geskied en inskrywings moet 2 weke voor die aanvang van die oes geregistreer word. Inskrywings moet die geïdentifiseerde blok (minimum 2 hektaar) en die produsent insluit, en vir kleinskaalseboere die minimum 1 hektaar en maksimum 2 hektaar blok insluit. Graan SA lede kan gratis inskryf vir die kompetisie.

Bank
Rekening naam
Rekening nommer
Tak kode
Verwysing
Bedrag

ABSA
GRAAN SA / GRAIN SA
7-9081-0007
334136 / 632005
GG Cellphone Number (i.e. GG 0812345678)
R1000